Ryk van Schoor


Geagte heer

My pa wat in 1949 die eerste keer vir die Springbokke gekies was as senter saam met Tjol Lategan is tans 82 jaar oud en ondervind die laaste paar jaar ernstige knie probleme. dokters wat hom ondersoek het, het n knie vervangings operasie aanbeveel ten einde die pyn te verlig en sy lewenskwaliteit te verhoog.

Dr. Daan du Plessis van Noord Transvaal het n paar jaar gelede aangebied om oud Springbokke te opereer mits hulle na hom toe kom. Ek weet nie of dit goed sal wees vir hom weer te vlieg nie. Die probleem is egter dat hy finansieel baie swaar kry en derhalwe ons versoek om finansiële hulp en bystand van die trust.

As u aandag kan gee aan hierdie saak sal dit hoog op prys gestel word.

Letter from: Theuns van Schoor (son)


Two Springbok Rugby legends - John Gainsford and Ryk van Schoor at the last Sport Legends golf day - Oct 2004

This photograph was taken the day before Ryk was admitted to hospital for his knee replacement operation which SLT assisted with the funding thereof. We are happy to report that Ryk is in a fine walking condition since his op.

Ryk Van Schoor update: March 13 2006

Thank you letter from Ryk Van Schoor

------------------------------------------

Baie dankie vir a groot bydrae om die knie vervanging wat ek ondergaan het vir my moontlik te maak.

Dit is ongelooflik om te dink dat daar mense is wat hulle ontferm oor ons Springbokke en Provinsiale spelers.

Was dit nie vir u hulp en bystand nie sou ek my nou in a rolstoel in n oue huis bevind het.

Die Knie vervanging was ‘n reuse suksess en my lewens kwaliteit het baie verbeter. Ek kan nou die lewe weer geniet sonder enige pyn en stap nou weer rond.

Baie dankie vir al julle help, ek waardeer dit baie en sal altyd dankbaar bly

Beste Groete

Ryk van Schoor

------------------------------------------------------------------