Sakkie van Zyl:
Beste Bossie
Na aanleiding van ons telefoon gesprek versoek ek beleefd of die Oud-Spelers fonds nie 'n bedrae vir CGP (Sakkie) van Zyl sal oorweeg nie. Die legendariese oud-Springbok Sakkie van Zyl het hom as speler en afrigter onderskei en 'n groot bydrae tot die sukses van Vrystaat rugby gemaak.
Sakkie is al hele paar jaar ongesteld met periodiek besoeke aan die hospitaal wat die limiet van sy mediese fonds oorskry. Sy geheue is ook nie meer wat dit was nie. Indien julle 'n bydrae oorweeg sal ek dit regtig waardeer en sy bank besonderhede in Bloemfontein aan julle verskaf..
By voorbaat baie dankie vir die moontlike tegemoedkomendheid in hierdie verband.
Groete
Nielie Smith
Google 'Sakkie van Zyl Rugby' to read more about this beneficiary.
AAN : VRYSTAAT CHEETAHS
AANDAG: MNR HAROLD VERSTER
DATUM : 30-09-10
RE : SAKKIE VAN ZYL
Hello HAROLD,
Dit was aangenaam om weer met jou te gesels. Sakkie van Zyl
Net n bevestiging van n bydrae van die bogenoemde fonds tot Sakkie van Zyl. Hopelik sal dit help om die tekorte met betrekking tot sy mediese fonds aanvul.
Ek wil ook graag vir Nelie Smith dankie se, dat hy dit onder ons aandag gebring het. Die Trust is daar om te help, maar ongelukkig hoor ons nie altyd van oud spelers wat miskien hulp nodig het nie.
Die bedrag is vanoggend in die Vrystaat Cheetah rekening inbetaal. Sal u asseblief dit aan Sakkie oorbetaal.
Stuur asseblief groete aan Sakkie en wens hom sterkte vorentoe.
GROETE,
Bossie Clarke
Beste Bossie,
Net om nogmaals baie dankie te se vir die finansiele bydrae aan Rugby Legende, Sakkie van Zyl.
Wees verseker dat ons die goeie gesindheid van die Sports Legends Trust besonder hoog op prys stel.
Ek sien daarna uit om jou na al die jare volgende Woensdag by Kelvin Grove te ontmoet.
Vriendelike groete,
Nelie Smith
Bossie,
Hierby aangeheg die besonderhede in verband met CGP Van Zyl (Sakkie).
BANK: ABSA
REKENING NAAM: VRYSTAAT CHEETAHS MAATSKAPPY
REKENING NR. 1570 221 567
TAKKODE: 334 334
Mnr Harold Verster se inligting is as volg:
harold@fsrugby.co.za
en sy nommer is 082 800 0337.
Groete
Nielie Smith






